B119-P & B119-B / TENDER / 2 PLASE DOUGLAS / PRIESKA AREA TEENAAN ORANJE RIVIER.

POA
Commercial
Description

TENDER - 2 PLASE - DOUGLAS/PRIESKA AREA TEENAAN ORANJE RIVIER.

-

Pekanneutplaas:  329 Ha met 210 Ha onder pekanneute.

Besproeiingsplaas:  216 Ha met 190 Ha onder Spilpunte.

Tender sluit:  n.v.t

Bekragting:  n.v.t.

Navrae:  Nelis – 0828077227 / Janco – 0826375174 / Albie –  0827020654

iGroup Properties bied aan:

‘n Tender van 2 aangrensende plase tussen Douglas en Prieska.

Plaas 1 (B119-P):  Pekanneutplaas:  329 Ha met 210 Ha wat aangeplant is onder Pekanneutbome met 210 ha ingelyste waterregte (10 000m³), Oranje Rivier.

Koordinate:  29,21’13.5 S  │  23,08’17.2 E

Plaas 2 (B119-B):  Besproeiingsplaas:  216 Ha met 190 Ha Spilpunt besproeiing met 170 ha ingelyste waterregte (10 000m³), Oranje Rivier.

Koordinate:  29,21’13.5 S  │  23,08’17.2 E

Tender Prosedure:

Tender dokumente kan aangevra word per epos by iGroup Properties.  Epos:  nelis@igroupholdings.co.za & Duncan-Rothman Prokureurs.  Epos:  izak@duncan-rothman.co.za

Die voltooide tenders of tender kan ge epos word na bogenoemde eposte en/of kan afgelewer word in ’n geseëlde koevert gemerk “Tender Pekanneut Plaas” / “Tender Besproeiings Plaas” by die kantore van iGroup Properties, Eenheid 9, Brandwag Park, Bloemfontein of by Duncan-Rothman Prokureurs, Jacobus Smit Straat, Kimberley, Noord Kaap.

Eiendom: (Pekanneute) – B119-P

Plaas Nuwejaarskraal nr 40, Prieska Munisipaliteit, Noordkaap, 328,8061 hektaar.

Die plaas lê teenaan die Oranje Rivier ± 70 km vanaf Prieska en aangrensend aan die besproeiingsplaas wat op tender is.  Die plaas is aangeplant met 210 ha Pekanneutbome watse ouderdomme wissel vanaf 5 jaar tot 21 jaar oud en die plaas het 210,49 ha ingelyste waterregte met ’n toekenning van 10 000 m³ water per hektaar.  Ouderdomme van bome is 60 ha (5 jaar), 25.5 ha (7 jaar), 25 ha (8 jaar), 31 ha (10 jaar), 18 ha (17 jaar), 33 ha (20 jaar), 18 ha (21 jaar).  Daar is 112.5 ha van die bome wat 10 m x 5 m in die ry aangeplant is en 98 ha is geplant 10 m x 10 m in die ry.  Die grondtipe is hoofsaaklik sand/leem tipe en ’n klein gedeelte is meer klei grond, die grond is baie diep.  Die totale 210 ha Pekanneutbome is toegerus met Mini Wobblers, Mikro, Makro besproeiing wat genoeg water toedien vir die bome om optimaal te kan presteer.  Kragbron is Eskom, maar die eienaar het 3 Sonstelsels, geinstalleer waar krediete gebank kan word, wat 242 kW gesamentlik groot is, by 5 pompstasies.  (3 x 75 kW moters, 3 x 125/50 C2 pompe + 45 kW 125/400 pompe, 22 kW moters + 100/315 pomp, 22 kW, 100/180/400 pomp) en dit absorbeer gedeeltelik krag verhogings deur Eskom in die toekoms en beurtkrag word heeltemal uitgeskakel, kragopwekkers is ook geinstalleer by elke pompstasie.  Die Sonkragstelsels verseker dat daar nie verliese is a.g.v. hoofsaaklik Beurtkrag, omdat daar altyd genoeg krag is om bome tenvolle te kan besproei veral in kritiese tye soos blomtyd van bome.  1 x Toegeruste Boorgat wat water voorsien vir die woonhuis en 3 x Werkershuise.  Daar is ’n pragtige 4 Slaapkamer Hoofhuis wat uitkyk op die Oranje Rivier met ’n groot grasperk en dan is daar nog 1 x 4 Slaapkamer Woonhuis en 2 x 2 Slaapkamer huis ook.  Een nuwe 2262 m² Sinkstoor met plaveisel vloer.  Die Transaksie sluit in al die Toerusting en Implemente. Die waarde van die Toerusting plus Implemente is ± R14 800 000,00.  (Inventarislys is beskikbaar)  En die waarde van die Solarkrag wat geinstalleer is ± R4 600 000.00.  Daar is 10 x permanente Werkers en 2 x Bestuurders op die plaas. (Salaris pakette is beskikbaar by ons kantoor)  Eskom rekening sal meer as halveer word a.g.v. Solarkrag.  *NB!* Die Eienaar is bereid om die Koper te help met inligting en aksies t.o.v. algemene boerdery aktiwiteite of totdat die Koper gemaklik voel om self voort te gaan as dit voor die oestyd is van 2024.

Opsomming:

Die plaas is ’n Instap Plaas waar met Pekanneute geboer word.   Die plaas beskik oor baie goeie diep sand/leem grond met vol ingelyste waterregte vir die 210 ha Pekanneutbome (Wichita, Choctaw, Navaho, Western Schley, Pawnee, Ukulinga, Shoshani)  uit die skoon Oranje Rivier.  Ingesluit:  R14 800 000,00 se Toerusting en Implemente, Groot:  2262 m² stoor vir verwerking van neute en waar toerusting gestoor kan word.  Die Hoof Woonhuis is gebou op die wal van die Oranje Rivier en krag word voorsien deur Solarkrag plus Eskom, wat nou nuut ingestalleer is.  Die inkomste vanuit die volgende Pekanneut Oes gaan vir die sak van die Koper. (Afgetrek insetkostes) wat nou koop en eienaar sal Koper bystaan totdat hy gemaklik voel om die plaas self te boer, maar nie langer as wanneer die Oes klaar geoes is. (2024)  Hierdie is sekerlik een van die Heel Beste Pekanneutplase van die grootte teenaan die Oranje Rivier en die Koper belê in ’n besigheid waar hy ’n inkomste gaan verdien uit die verkoop van Pekanneute alreeds t.o.v. die 2024 se oes.  Hy hoef nie 10 jaar te wag vir bome om ’n oes op te lewer nie.  Die waarde van die neute is ook gekoppel aan die Dollar en dit het ’n groot invloed op die prys per ton van die pekanneute.   Hoe swakker die rand is teenoor die dollar, hoe hoër word die prys van die neute per ton.

Eiendom:  (Besproeiings) – B119-B

Gedeelte 18 (gedeelte van gedeelte 6) van die plaas Niewejaarskraal nr 40, Prieska, Noordkaap, 216 hektaar.

Die plaas is geleë teenaan die Oranje Rivier, Prieska distrik en ook teenaan die Pekanneutplaas wat op tender is.  Die plaas beskik oor diep, sand/leem grond en die 190 ha besproeiing met 170 ha ingelyste waterregte word gedoen deur 5 x Spilpunte.  (3 x Valley, 7 x Toring, 2 x WA Services, 5 x Toring, 4 x Toring), spuitpakette is 11 mm en 10 mm groot.  Daar is 1 x Pompstasie met 4 moters en pompe (4 x 75 kW moters, 4 x 125/50 C2 KSB pompe).  Daar is geen Werkers of Werkershuise, asook geen ander verbeteringe op die plaas nie.  Daar is 170 ha ingelyste waterregte uit die Oranje Rivier  x 10 000 m³ toekenning per ha en dit is voldoende water om die totale 190 ha te kan plant.  *NB!*  Daar is huidiglik ’n Huur Ooreenkoms op die plaas en die Huurder het die eerste reg tot weiering om te koop en die huurtermyn eindig 31 Augustus 2024.  Koper kan okkupeer voor die datum van 31 Augustus 2024 soos ge oes word, om dan die lande voor te berei vir die opvolgende oes.  Geen ander Toerusting of Implemente vorm deel van die transaksie nie, net die besproeiings toerusting.  Die 2 x Plase kan ook as ’n eenheid gekoop word wat aangrensend aan mekaar lê en die kombinasie boerdery tussen graangewasse en pekanneute komplimenteer mekaar baie en dit sorg vir ’n goeie kontantvloei deur die jaar.

Voorwaardes:

Die Koper moet ‘n 5 %  nie-terugbetaalbare, deposito kan betaal met die aanvaarding van ’n tender plus btw.  Die Koper moet 1 % nie-terugbetaalbare, Kopers Kommissie plus btw betaal met die aanvaarding van ’n tender.  Bewys van ID., Fika en Fisiese adres moet verskaf word deur die Koper.  Betaling moet geskied deur ’n EFT betaling in die Trustrekening van Duncan-Rothman Prokureurs, in Kimberley en waar Izak Potgieter verantwoordelik gaan wees vir die oordrag van die eiendom/me in die Koper se naam.  Die Tender sluit: Word bemark.   Voornemende Verkoper behou die voorreg om geen tender of die hoogste tender te aanvaar nie.  Daar kan apart of gesamentlik getender word op 1 of altwee van die eiendomme.  Tender dokumente kan aangevra en gestuur word na en van die volgende 2 epos adresse:  nelis@igroupholdings.co.za  /  izak@duncan-rothman.co.za   Die Tender op die Besproeiingsplaas sal gehanteer word in ooreenstemming met die voorwaardes en vereistes t.o.v. die Huurkontrak wat daar huidiglik op die plaas is tot 31 Augustus 2024. Of as oes verwyder is van die lande af, voor 31 Augustus 2024.

Property Features
Commercial

Leave a Reply